Gemeentebrief
OKTOBER 2026 (week 4)  

“Glo in die Here Jesus en jy sal gered word, jy en jou hele huisgesin."
Handelinge 16:31


Ons praat oor geloof, want hierdie Sondag lê 4 jong mense belydenis van geloof af in ons Maidstone wyk, staan hulle voor in die kerk en verklaar hulle dat hulle glo in Jesus Christus!
Die meeste van ons was ook daar.  En ons weet dat ons geloof in Jesus in die kern staan van ons godsdiens, ons bou ons lewens en ons huise en ons gemeentes daarop, dit vorm ons waardes, rig ons denke en lê diep in ons harte. Ons glo ook in Jesus Christus. 
Maar ons weet ook dat as 4 jongmense dit doen, dan is dit eintlik net die begin van ’n pad van geloof.  Eintlik sê hulle:  Ons glo, Here! Help ons om te glo!  Is dit nie ook maar die gebed wat ons steeds bid – maak nie saak hoe lank ons op hierdie pad is nie?  En hierdie gebed sal ons aanhou bid. Wat ons weer moet raaksien is, dat die teenoorgestelde van geloof is nie twyfel of klein geloof of sukkel-om-te-glo of jong  nuwe geloof of selfs ’n beperkte verstaan en min ken van hoe en wie God is nie. The opposite of faith is indifference… to stop caring about God and God’s things….
So net vir hierdie 4 jongmense om op te daag Sondag en daarvoor te staan, is klaar ‘n verklaring dat hulle God in hulle lewens toelaat, dat hulle ‘genoeg geloof het’ om te kom en nie met ‘n skouer-optrek wegloop nie, maar kies vir hierdie pad van geloof.
Kom ons bly saam met hulle stap en rekening hou met hierdie God wat vir ons lief is. Kom ons weier om indifferent op die kantlyn te staan, kom ons volg Jesus!

DIE VOLGENDE 2/3 MAANDE IS GROOT IN DIE GEMEENTE. DAAR IS 'N HEERLIKE KERSMARK EN 'N OPWINDENDE KERSSANGDIENS OM DIE DRAAI. MAAK NOU AL 'N PRIORITEIT IN JOU DAGBOEK OM HIERDIE BYEENKOMSTE EN ONS LAASTE PAAR EREDIENSTE VIR DIE JAAR TE KOM BYWOON! SIEN JOU DAAR! 
 

VIR JOU DAGBOEK

# Ons volgende erediens is op Sondag 8 NOVEMBER om 10:00 by Michael Faraday School, SE17 2HR.  Na die diens is dit ons KERSMARK. Doen asseblief ekstra moeite om te kom. 
 

# Ons Kersmark is Sondag 8 November. Julle het die advertensie op ons Wattsapp groep gekry en dit is hier aangeheg. Stuur dit asseblief aan soveel van julle vriende - dit gaan great wees!  En ons het bakkers en werkers nodig.  Elkeen kan iets bring en elkeen kan kom help op die dag.  Kom ons maak dit 'n groot saamkuier en baie spesiaal! Vul jou naam in op hierdie lys en kliek Save - Lekker bak en sien op die 8ste!

# En ons Kerssangdiens is Sondag 29 November - nooi vriende en kom maak saam met ons dit 'n baie spesiale dag!

# CrossTalk - waar ons die kruis in die kern van ons lewens neersit
Luister saam op Maandae - GROUNDED, Woensdae - ENCOURAGE, en Vrydae - PREPARE.
As jy nog nie deel is van ons wattsapp groep nie, die QR-kode is aangeheg: Kliek en join.


Hoop julle het 'n goeie week en sien volgende Sondag! 

Groete in Christus!

Rian
 Netwerk